Erik Swanepoel, graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het gedurende 27-28 April aan “Chasing Giants” te Katberg (naby Fort-Beaufort) deelgeneem.

Hierdie was weereens een van daardie byeenkomste waar dit ‘n groot prestasie is om die wedren te voltooi. Erik het in die afdeling deelgeneem waar die roete as die moeilikste roete beskou word. Dit het behels dat deelnemers met ‘n GPS die roetes moet volg en goed navigeer, om dit suksesvol te voltooi.

Die kompetisie het oor twee dae gestrek, waarvan dag een se afstand ongeveer 85km en dag twee se afstand 95km was. Die terrein was baie nat, met modderige woude en berge met lang gras, wat dinge ingewikkeld gemaak het. Erik het elke dag ongeveer sewe ure op sy motorfiets spandeer, om die roetes te voltooi.

Erik neem aan al hierdie byeenkomste deel, in voorbereiding van sy deelname aan die twee groot byeenkomste in hierdie sport, naamlik die “IMPI” in Kwazulu Natal, einde Junie, asook “Roof of Africa” in Lesotho, waaraan ongeveer 700 deelnemers van regoor die Wêreld bymekaar kom om deel te neem.
Sterkte met jou voorbereidings, Erik!

Meer Nuusberigte