Netbal

Hoër Volkskool het op Donderdag 25 Mei, hul eerste netbalwedstryd in die aand teen Spandau Sekondêre Skool gespeel.Dit was ‘n heerlike atmosfeer onder die ligte en die gees onder die spelers en ondersteuners was aansteeklik!Ons opregte dank aan elke ondersteuner! Ons sien uit daarna om nog vele aandwedstryde onder die ligte te speel!

Lees Meer

Volkskool Springbokjag

Die jaarlikse springbokjag ten bate van Huis Cronjé, het verlede Vrydag plaasgevind. Terwyl mis op ‘n ‘n koel herfsoggend teen Spandaukop afrol, kon jagters met ‘n stomende koppie koffie in die hand hul beurt afwag om die plaas waar hulle gaan jag, te trek. Vier manne per span moet elk met twee bokke terug kom.…

Lees Meer

“Amazing Race”

Die VCSV kom elke Woensdag om 18:00 bymekaar. Hulle het onlangs ‘n “amazing race” gehou waaraan die leerders deelgeneem het. Elke span moes ‘n naam kies en soveel as moontlik van die uitdagings binne ‘n uur suksesvol voltooi. Foto’s van elke uitdaging moes deurlopend aan me. Coetzee gestuur word en almal moes teen 18:55 by…

Lees Meer

Fotografieklub

Me. Hester Prinsloo, betrokke by HVS se kultuurafdeling en Matty van Rensburg Photography het kragte saamgespan en ‘n fotografieklub vir Volkskoolleerders begin. Matty bied weekliks ‘n leervolle les aan en leerders word stap vir stap die fyn kuns van fotografie geleer. Hulle het hul eerste foto’s tydens die opedag uitgestal. Ons is opgewonde om hul…

Lees Meer

Volksmond

Srinivas Mishra het die wyse woorde eens gedeel:” As die omgewing gelukkig is, sal die gemeenskap meer vreugde ervaar en hulle bekommernisse sal ver voel.” Die ATKV-jeugtak, Volksmond, het 3 Mei die rommel langs die dam gaan optel om by te dra tot ons omgewing en gemeenskap se geluk. Dankie HVS Volksmondlede, vir julle omgee!

Lees Meer

Hokkie

HVS vs Hoërskool Framesby Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het verlede week teen Hoërskool Framesby deelgeneem en die wedstryd se eindtelling was twee elk. HVS se doele is deur Mienke Janse van Rensburg en Lua Bouwer aangeteken. Spelers van die wedstryd is Lynette Truter en Carla van Tonder. So trots op julle! Foto vlnr: Lua…

Lees Meer

HVS Golf

Ons is baie trots op Hoër Volkskool se Johndre Ludick, wat tans agste op GolfRSA se o.17-ranglys is. Baie geluk, Johndre. Meer inligting: https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=6244759495599758&id=537908499618248&sfnsn=scwspwa&mibextid=VhDh1V

Lees Meer