Die Volksie

Ons immergewilde skaapkop, afval en beesstertaand is hier! R130 per persoon Vrydag, 28 Julie 2023 19:00 tot laat Die Volksie Kontantkroeg beskikbaar. Kaartjies nou beskikbaar by die skoolkantoor – 049 8910514

Lees Meer

Graad 12

Die graad 12-klas was na ‘n koue oggend in die eksamenlokaal deur die NG Kerk Graaff-Reinet met ‘n inspirerende boodskap en heerlike warm pannekoek bederf. Baie dankie aan tannie Ingrid Boshoff wat namens die kerk, ons leerders kom bederf het.

Lees Meer

Hokkie

Zanri Groenewald (graad 11) is gekies vir die Border o.18-hokkiespan. Die span neem vanaf 2 – 5 Julie aan ‘n interprovinsiale hokkietoernooi deel. Die toernooi vind in die Paarl plaas. Baie geluk Zanri.

Lees Meer

Gevegskuns

HVS se leerders wat studente van Raptors Martial Arts-klub is, het verlede naweek aan die O.P. Classic Kampioenskappe in Despatch deel geneem. 163 Studente van 8 verskillende klubs regoor die Oos-Kaap het hieraan deelgeneem. Hierdie leerders het groot sukses behaal en hulle harte uit baklei vir hierdie medaljes! Reaglin Maarman (5 Medaljes) * 2 silwer…

Lees Meer

Perdry

Twee van HVS se leerders het aan die SA Saalperd Kampioenskappe te Bloemfontein deelgeneem. Gaby Hall: 4de – 3gang kinderryperd vir junior ruiters 3de – SA Groot Kampioen 3gang kinderryperd vir junior ruiters Tiaan Fourie: 6de – Parkperd ruiters o.16 4de – 3gang ruiterkuns o.18 Tiaan het deurgedring tot die finale rondte van die 5gang…

Lees Meer

Rugby

Baie geluk, Jan Theo van Tonder met jou insluiting in die OP Akademiespan as agsteman. Jan Theo is ook as onderkaptein van die span aangewys.

Lees Meer

Skaak

UHS was die gasheer van ‘n ligawedstryd waaraan Hoër Volkskool deelgeneem het. Sewe van HVS se eerste skaakspan, Jean Pierre Theron, Michaele Maarman, Layton Meshilinie, Bianca Swart, Michyle Mostert, Jeandre Theron en Lara Vosloo is in HVS se ligaspan ingesluit. Een van die kenmerke van ‘n goeie skaakspeler is goeie konsentrasie en genoeg geduld. Elke…

Lees Meer