Ons wil graag vir Tiaan Fourie een van ons matriekleerders, alle sterkte toewens met sy vertrek vandag na New Orleans, VSA.
Hy gaan Suid-Afrika verteenwoordig by ’n Internasionale Saalperd-kompetisie. Tiaan is nie net ’n deelnemer nie, maar ook die kaptein van die 5-gang span – ’n besonderse prestasie waarop ons ongelooflik trots is!
’n Spesiale woord van waardering ook aan Sumeri Botha, die afrigter van die span.
Hierdie kwartaal het sy boonop ook ingespring as Wiskunde-onderwyseres by Hoër Volkskool – ’n ware voorbeeld van toewyding en veelsydigheid.
Voorspoed Tiaan en Sumeri – ons staan agter julle!
Eastern Province Saddlehorse Sub Union (via hul Facebook-blad)