Op 24 Junie 2025 het die Graad 10 Landbouwetenskapklas ’n praktiese uitstappie onderneem na House of Fibre en BKB se wolstoor in Gqeberha.

By House of Fibre is ons deur elke stap van die sybokhaarproses geneem – van ontvangs en weeg tot verwerking en bemarking. Leerders het ook ’n oorsigvideo gesien van hoekom hierdie stoor ’n sleutelrol speel in die sybokhaarbedryf.

By BKB het die klas waardevolle insig gekry in die ontvangs, sortering en toetsing van wol, met die geleentheid om self aan die verskillende bins te voel en leer hoe wol op fynheid en skoonopbrengs getoets word.

Spesiale dank aan:

– Pierre van der Vyver (House of Fibre) vir die toer

– Denica van Zyl en Werner Olivier (BKB) vir die toer én die lekker sokkies vir ons leerders!

‘n Praktiese en leerreike dag – dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het ! 🌾

Meer Nuusberigte