Landsdiens

Daar is 72 ingeskrewe lede wat aan die byeenkomste deelneem. ‘n Hoogtepunt op die jaarlikse kalender is die tent-kamp in Hartenbos wat met groot entoesiasme bygewoon word. Die nasionale tema, nl herwinning, word ondersteun en ‘n projek vir die aanplant van spekbome op die skoolterrein, word beplan. Van die 18 ywerige provinsiale kampeerders, het agt die uitnodiging na die nasionale kamp aanvaar. Redenaars -Die skool hou jaarliks ‘n redenaarskompetisie, en die beste drie Junior en Senior sprekers neem aan die landswye ATKV-Redenaarskompetisie deel. Vele goeie sprekers word so aan wyer kompetisie bloodgestel. Twee sprekers dring deur na die 2012 semi-finale rondte by Hoërskool Outeniqua. Despatch Kunstefees – Vier van Hoër Volkskool se privaat musiek- en sangleerlinge het deelgeneem en is almal met goue toekennings beloon. Wow Ster – Die WOW!-Ster kompetisie bevorder plaaslike sang- en musiektalent. Punte word tydens vier streekuitdunrondtes toegeken, waarna die top 20 deelnemers aan ‘n gala-optrede deelneem om die uiteindelike wenner aan te wys. Drie leerders neem aan hierdie kompetisie deel.

CSV

Kom kuier saam met HVS deur Jesus te loof en prys op Maandae aande om 6nm. Die skool hou kampe, deel intieme goed en kuier lekker saam in groepies. Die skool is deel van die CSV Nasionaal en het ook kampe by Jeffreysbaai. Sluit aan by die skool, want hulle soek nog boeties en sussies in Jesus.

Debat

Die skool stuur jaarliks drie Debatsprekers na Stellenbosch vir die jaarlikse Woordfees, en Volkskool het hierdie jaar ‘n algehele derde plek verower.

Ander kultuur-aktiwiteite

Die skool beskik oor verskeie skaakspanne, sowel as ‘n koor, en ‘n verskeidenheidskonsert word jaarliks aangebied om talent te identifiseer en ook kultuurdeelname te bevorder. ‘n Aktiewe Kultuurlewe gee die leerders die geleentheid om wyer as net sport en akademie te leef.