Somersetstraat, Posbus 60, GRAAFF-REINET 6280

Telefoon: 049 892 2373

Een van die belangrikste boustene van ‘n goeie skool, is ‘n goeie koshuis. By Hoër Volkskool beskik hulle oor daardie kwaliteit met die pragtige koshuis waaroor hul beskik – Huis Cronje. Hier probeer hulle vir elke plaaskind of kind van omliggende dorpe dit so huislik as moontlik maak.
Alhoewel daar streng dissipline toegepas word, is daar ook tyd vir pret en plesier soos net koshuiskinders dit kan beleef. Die koshuis is oop vir weeklikse verblyf (Maandag tot Vrydag).  Reëlings kan getref word oor naweke vir kinders wat wil inbly vir sport op ‘n Vrydagaand. Waar daar genoeg belangstelling in ‘n streek is, word die kinders Vrydae met skoolbussies na hul tuisdorpe of naaste dorp vervoer.