100 jaar se genade

Die Volkskool gemeenskap dank God vir 100 jaar se genade met ‘n geseënde lofprysingsgeleentheid onder leiding van Retief Burger. Ons kyk terug met dankbare harte en kyk vorentoe met hoop en afwagting op God se seën en genade om die geestelike aflosstokkie van generasie na generasie vir die volgende 100 aan te gee.

Lees Meer

Swem

Izak Hattingh, ‘n graad 12 leerling van Hoer Volkskool,  is besig om homself as ‘n baie veelsydige leerling te bewys. Hy het vroeër in die jaar deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemkampioenskappe in Port-Elizabeth. Hy het uitstaande prestasies daar behaal. Hy neem aan 12 items deel en verwerf 9 goue medaljes en 3 silwer medaljes.…

Lees Meer

Akademiese Erekleure

Die Gr 12 leerlinge het gekwalifiseer vir Akademiese erekleure in Gr 11. Hierdie leerlinge het ‘n hoë standaard gehandhaaf in hul akademie tydens hul gr 11 jaar. Ons is baie trots op elke akademiese presteerder en glo dat elkeen die standaard net so hoog sal hou in jul gr 12 jaar.   Voor: Inke van der…

Lees Meer

Motorfiets

Erik Swanepoel, ‘n Gr 8 leerling van Hoer Volkskool,   het deelgeneem aan die Bridgemead Rover Enduro Kompetisie (Rondte 1) in Port Elizabeth. Dit was sy eerste kompetisie waaraan hy deelgeneem het en het uitstekend gevaar. Hy het ‘n algehele eerste plek in die Hoërskole Klub afdeling behaal. Baie geluk!

Lees Meer

Akademiese erekleure

Jana Neethling, Sophia Louw,  Megan Hendrikse, Carli Kritzinger en Zenke Enslin het na afloop van 2021 gekalifiseer vir Akademiese erekleure. Dit beteken hul kon ‘n sekere gemiddeld op akademiese gebied handhaaf oor twee eksamens.  

Lees Meer

Ruiterkuns

Die afgelope naweek het Tiaan Fourie deelgeneem aan die Bloem Skou. Hy het baie goed gevaar en het die volgende uitslae behaal; Vyfde in die 5-gang Kinderryperd Ruiters 16 jaar en onder Vyfde in die Parkperd Ruiters 16 jaar en onder derde in die 3-gang ruiterkuns Ruiter onder 16 jaar Derde in die 5-gang Plesierperd Ruiters 18 jaar…

Lees Meer