Akademie Top 10

Akademie is een van die belangrikste boustene by Hoër Volkskool en word leerders aangemoedig om goed te presteer. Kwartaalliks word daar aan die Top 10 in elke klas erkenning gegee. Baie geluk aan die Top 10-leerders vir die eerste kwartaal van 2023.

Lees Meer

Borge – Mnr & Mej Volkskool 2023

Baie dankie aan ons borge vir Mnr. en Mej. Volkskool 2023! Sonder julle sou ons glad nie so ‘n glansgeleentheid kon aanbied nie. Ons borge het geskenke en geskenkbewyse as pryse vir die geleentheid gegee. Ons wil graag die volgende borge hartlik bedank: • La Amour de La Beauty • Schoonhuid • The Windmill Junction…

Lees Meer

Sportprestasies

Die eerste kwartaal van 2023 was gekenmerk deur goeie prestasies op die sportveld. Leerders het erkenning gekry vir hul prestasies in atletiek, swem en tennis. Baie dankie vir julle toewyding aan Volkskool en baie geluk met die toekennings wat julle ontvang het!

Lees Meer

Hokkie

Verlede jaar het die Hanekom-gesin vanaf Ceres na Graaff-Reinet verhuis en het Luan Hanekom sy skoolloopbaan by Hoër Volkskool begin. Luan is ‘n goeie hokkiespeler en het in Ceres hokkie gespeel. Hy het besluit om daarmee voort te gaan en is tans lid van die Karoo Hokkieklub. Luan het tydens die Aprilvakansie, as deel van…

Lees Meer

Opedag 15 Mei 2023

Dit het alles begin meer as ‘n eeu gelede…Sedert 1922 is Hoër Volkskool ‘n skool waar die omgewing geskep word vir Afrikaanssprekende leerders, ondersteun deur sterk Christelike lewenswaardes, om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.Kom kyk waarheen ons op pad is!Hiermee, word u dan hartlik uitgenooi om by ons te kom kuier op 15 Mei en sodoende…

Lees Meer

Swem – SA Vlak 3

Volkskool het nie teleurgestel by dié jaar se Vlak 3 swemkampioenskap in Kaapstad nie. Die dogters het 3 medaljes huis toe gebring en pragtige persoonlike beste tye opgestel. Hulle het na 12 finale deurgedring en die finale uitslae was as volg: Marlien Crewe-Brown 1ste – 100m borsslag 2de – 50m borsslag 4de – 200 IM…

Lees Meer

Rugby

Dit was ‘n heerlike week in Riversdal waar ons eerste rugbyspan aan die Oakdale Sportweek deelgeneem het. Hoër Volkskool se span het baie goed gevaar. Vandag se wedstryd se telling: HVS 24 – 29 Bredasdorp. Baie dankie aan ons afrigters vir alles wat julle vir die span beteken. Ons ondersteuners en fotograaf Mia Van Eeden…

Lees Meer

Mnr & Mej Volkskool

Tydens ‘n spoggeleentheid wat by Botanies aangebied was, het die finaliste die laaste geleentheid gehad om die beoordelaars te beïndruk. Die finale keuse van die beoordelaars was as volg: Mej. Volkskool: Sanet Grobler, Mnr Volkskool: Juan Stannard Eerste prinses: Temzynne Jurries Eerste prins: Jan-Theo van Tonder Tweede prinses: Jani van der Merwe Tweede prins: AJ…

Lees Meer

Hokkie en Rugby

Tydens die Union Sportweek het Hoër Volkskool se eerste hokkiespan vandag teen Langenhoven Gim gespeel en HVS het die wedstryd gewen. Alecia Louw het die doel aangeteken en Sare Viljoen is as speler van die wedstryd aangewys. Hoër Volkskool se eerste rugbyspan het vanoggend in Riversdal ‘n wedstryd teen Montagu gespeel. HVS het die wedstryd…

Lees Meer

Hokkie – OP hokkieproewe

Hoër Volkskool se hokkiespelers het aan OP hokkieproewe deelgeneem en die volgende spelers is gekies om aan die volgende rondte deel te neem: o.18: Zanri Groenewald o.16: Sare Viljoen en Cara Nel o.14: Alecia Louw Baie sterkte met julle voorbereidings vir die volgende proewe! FOTO: Sare, Zanri, Cara en Alecia

Lees Meer