SA Skole Swem

Tydens die Desember-vakansie het Llewellyn Crewe-Brown aan die SA Skole swemgala in Johannesburg deelgeneem. Daar het hy die Oos-Kaapspan verteenwoordig as die kaptein van die span, wat opsigself ‘n baie groot prestasie is. Hy het ‘n paar persoonlike beste tye behaal, en in die meeste van sy items in die top 7 geeïndig. Baie geluk!

Lees Meer

SA Junior Skaak Kampioenskappe

Jeffson Arends was tydens die Desember-vakansie in Johannesburg om die Chris Hani skaakspan by die Suid-Afrikaanse Junior Skaak Kampioenskappe te verteenwoordig. Dit het algeheel goed gegaan met die span en Jeffson het waardevolle ondervinding by die toernooi opgedoen. Baie geluk!

Lees Meer

HVS LEERDERS IS TOPPRESTEERDERS

Terwyl klasmaats Woensdag by Volkskool bymekaar gekom het om hul uitslae te kry, het twee van die klasmaats dit misgeloop. Hulle was genooi na ‘n prysuitdeling in Oos Londen. Na afloop van die matriekeksamen is Pierre van der Merwe algeheel eerste en Caitlin du Preez tweede in die Sarah Baartmandistrik. Beide van hulle het beurse…

Lees Meer

100% Slaagsyfer

Boodskap van meneer Theo Dörfling: Baie geluk aan die gr 12 klas van Volkskool met julle 100% slaagsyfer. Ons is trots op julle mooi prestasie en dankbaar vir die talente wat julle ontvang het om dit moontlik te maak. Dit is nie moontlik om so iets te bereik sonder ‘n spanpoging nie. Dankie aan die…

Lees Meer