Op Maandag, 23 Junie 2025 het Dr. Mackey Hobson, veearts van Graaff-Reinet, met ons Graad 12 Landbouwetenskapklas kom gesels en waardevolle praktiese insig gedeel.
Hy het gefokus op:
Hoe om siek diere betyds op te spoor en behoorlik te behandel
Die doel en proses van ’n nadoodse ondersoek.
Wanneer en hoe om diere te doseer
En waaroor ons waaksaam moet wees om te verseker dat ons met gesonde diere boer.
Baie dankie aan Dr. Hobson vir ‘n leersame en relevante aanbieding – dit was ‘n klas wat beslis bly lê!