Raptors Martial Arts

26 September het Raptors Martial Arts klub in Graaff-Reinet hul jaarlikse gradering gehou. Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt: Renaldo van der Westhuizen – Geel Jean van Wyngaardt – Geel 2 Gert Theron – Geel 2 Reaglin Maarman – Oranje Mikha Enslin – Oranje. Reaglin en Mikha het van geel na oranje…

Lees Meer

A-Liga Swemgala

Die naweek van 21 September het Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger deelgeneem aan die A-Liga swemgala te Gqeberha. Albei het podiumplekke behaal en ‘n paar van hul persoonlike beste tye verbeter. Chris het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Vlak 2 Swemgala 2024 en Kate-Lynn vir die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemgala in 2024.

Lees Meer

Eksamen wense

Die graad 12-leerders was na afloop van hulle eksamen gister, elkeen met ‘n heerlike kolwyntjie en ‘n spesiale eksamenboodskappie bederf. Tannie Ingrid Boshoff het namens NG Graaff-Reinet die kolwyntjies kom uitdeel. Baie dankie aan die NG Gemeente vir julle omgee en aanmoediging.

Lees Meer

Dans

Kate-Lynn Kruger, ‘n graad 8-leerling aan Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 26 Augustus 2023 aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Sy is ook lid van die Chinelle School of Dancing, te Graaff-Reinet. Hierdie jaar was dit die 42ste weergawe van die Nelson Mandela Bay Dance Festival en vir die afgelope 30 jaar…

Lees Meer

Swem

Chris de Wet, ‘n graad 10-leerling van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die tweede A-Liga swemgala te Gqerberha deelgeneem. Hy het baie goed evaar en behaal drie podium-plekke. Derde plekke in die 50m en die 100m borsslag Tweede plek in die 200m borsslag. Chris eindig in die top 5 vir die volgende items:…

Lees Meer

7’s Rugby

Hoër Volkskool se rugbyspelers, Caleb Jantjies, Requelme Afrika en Curtley Jacobs, is na die laaste rondte proewe in die o.15 Sarah Baartman 7’s-rugbyspan ingesluit. Hulle gaan aan die ‘District Summer Games Championships’ 7’s-toernooi deelneem. Die toernooi vind op 9 September 2023 te Makhanda plaas. Baie sterkte aan julle! Foto vlnr: Caleb Jantjies, Requelme Afrika, Curtley…

Lees Meer

7’s Rugby uitslae

Caleb Jantjies, Requelme Afrika en Curtley Jacobs is na die laaste rondte proewe in die 0.15 Sarah Baartman-span ingesluit vir 7’s rugby. Hul gaan aan die ‘District Summer Games Championships’ toernooi deelneem wat 9 September 2023 te Makhanda aangebied word. Baie sterkte aan julle!Foto vlnr: Caleb Jantjies, Requelme Afrika, Curtley Jacobs

Lees Meer

Boogskiet

Mathys Oberholzer, ‘n matriekleerling van Hoër Volkskool in Graaff-Reinet, het op 28 en 29 Julie uitstekend in die 2023 Afrika Genesis Boogskiet Wêreldkampioenskappe by die reservaat, Camp Discovery in Limpopo, gevaar. Mathys het in die junior afdeling vir die ouderdomsgroep 13 tot 18 jaar deelgeneem. Hy het in die driedimensionele teikenskietafdeling ‘n goue medalje en…

Lees Meer

Mej. Volkskool

Mej. Volkskool wenners, Sanet Grobler (Mej HVS), Temzynne Juries (1e prinses) en Jani van der Merwe (2e prinses) het as deel van hul prys, ‘n ete saam by die immergewilde Coldstream Restaurant gekry. Daar is vir elkeen ‘n ete geborg deur Hestie van der Mescht, eienaar van The Coldstream Restaurant. Die meisies het veral die steak…

Lees Meer

Boogskiet

Karli van Rooyen, graad 8-leerling), gaan as lid van die Oos-Kaap Boogskietspan, gedurende die komende vakansie in Gauteng aan die Nasionale Kompetisie deelneem. Baie sterkte, Karli!

Lees Meer