Boogskiet

Sestien van Hoër Volkskool se boogskuts het die afgelope naweek deelgeneem aan die El Shaddai Interskole Skietkompetiese in Port Alfred. Ons skuts het baie goed gevaar en Casper Erasmus het ‘n silwer medalje ontvang in die 3D kompetisie.

Lees Meer

HVS Gimnastiek

Die volgende gimnaste het die afgelope naweek aan die Oos-Kaap Gimnastiek Kampioenskappe kompetisie deelgeneem. Hul het die Karoospan verteenwoordig en elkeen ‘n brons medalje verower. Vlnr: Jana Neethling, Sophia Louw en Zoe Hattingh

Lees Meer

Oos-Kaap Netbalproewe

Die afgelope naweek het sewe van ons netbalspeelsters aan die finale Oos-Kaap Netbalproewe te Oos-Londen deelgeneem. Van die sewe speelsters is vyf gekies tot die 0.18 span wat tydens die Junie vakansie aan die Interprovinsiale toernooi in Boksburg gaan deelneem. Hul is vlnr: Dehana van der Merwe, Lykita Koeberg, Maryna Nell, Linda Lotter en Caryn…

Lees Meer

SA Skole en Junior Atletiek

Die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe het vanaf 14 tot 16 Maart 2019 in Port Elizabeth plaasgevind.  Die room van die land se skole atlete het prestasies van hoogstaande gehalte gelewer. Shirwan van Staden het baie goed presteer en deurgedring na die finaal van die 100 meter seuns o.19.  Hy het ‘n vyfde plek in die finaal…

Lees Meer

Erekleure

Die volgende leerlinge het gekwalifiseer vir erekleure vir top prestasies op sportgebied: Petri van der Merwe (Tennis), Marnie van der Merwe (Atletiek), Inke van der Merwe (tennis), Llewellyn Crewe-Brown (Swem), Sherwin van Staden (Atletiek),  Marlien Crewe-Brown (Tweekamp) en Tiane Lombard (Atletiek)

Lees Meer

Akademiese Top 10

Die kwartaalikse akademiese top 10 presteerders is aangekondig na die eerste kwartaal. Die volgende leerlinge is in die eerste klasposisie van hul onderskeie grade: Zenke Enslin (gr8), Juryna Fourie (gr 11) Jean-Louis du Plessis (gr 10), Pierre van der Merwe (gr 12) en Chloe Stannard (gr9)

Lees Meer

HVS swemmers presteer

Hierdie swemmers van Hoër Volkskool het die seisoen op ‘n baie goeie hoogtepunt afgesluit. Marlien Crewe-Brown het deelgeneem by die Top 8 gala en het ‘n silwer medalje vir 50m Rugslag gewen, asook goue medaljes vir 50m Vlinderslag, 50m Borsslag  en 100m Borsslag. Sy het ook aan die Vlak 2 gala deelgeneem wat in Oudtshoorn…

Lees Meer