Die skool se toegewyde onderwysers met ondervinding en die nodige kwalifikasies lê die grondslag van die skool se akademie. Die voorgeskrewe vakke word in Graad 8 en 9 aangebied. In Graad 10 tot 12 word Fisiese Wetenskap, Landbouwetenskap, Toerisme, Lewenswetenskap, Rekenaartoepassingstegnologie, Gasvryheidstudies, Rekeningkunde, Ingenieursgrafika en -ontwerp en Aardrykskunde as keusevakke aangebied.

Afrikaans word as onderrigmedium gebruik. Toelating vir verdere studie word op grond van die vakkeuse moontlik gemaak. HVS spog met ‘n 100% slaagsyfer vir graad 12’s!

Vakkeuse

Graad 10 -1 2

Die vakkeuse is soos volg;

Verpligte vakke

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Lewensoriëntering

Kies EEN uit elk van die volgende groepe

Groep 1:  Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid

Groep 2:  Fisiese Wetenskap of Landbouwetenskap of Besigheidstudies of Rekenaartoepassingstegnologie (Wiskunde is verpligtend vir Fisiese Wetenskap)

Groep 3:  Lewenswetenskap of Rekenaartoepassingstegnologie of Verbruikerstudies

Groep 4: Rekeningkunde of Ingenieursgrafika en –ontwerp of Toerisme

MINIMUM  TOELATINGSVEREISTES TOT VERDERE STUDIE

Universiteitstoelating vanaf 2006 leerplanne:

Die vereistes vir diploma of graadstudie is nie vakgebonde nie, maar prestasiegebonde.

Verdere inligting is by die skool beskikbaar.