Volkskool gee om

Na ‘n Bloedskenk diplomaplegtigheid het HVS se portuurleiers ‘n gesellige ete saam met dr. Paula Zandberg, by Cold Stream bygewoon. Die portuurleiers het die personeel van SANBS tydens bloedskenkdae by HVS gehelp. Daar was nie soos in die verlede, vanjaar ‘n trofee oorhandig nie. Hoër Volkskool se leerders het gemiddeld 54 eenhede per kwartaal geskenk.…

Lees Meer

Gholfnuus

Johndre Ludick het die afgelope week tydens die interprovinsiale gholftoernooi in Limpopo baie goed gevaar. Woensdag het die OP die span van Gauteng-Noord 8 – 4 gewen en Johndre het sy enkelspel 3 – 1 gewen. Donderdag het die OP teen die span van Ekurhuleni te staan gekom en hulle 7.5 – 4.5 gewen. Johndre…

Lees Meer

Robotika

HVS is opgewonde om nou Robotika as ‘n ekstra kurrikulêre aktiwiteit te kan aanbied. ‘n Groep van tien graad 8 en 9 leerders het gedurende die derde kwartaal begin en is opgewonde om hulle kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel. Baie dankie aan meneer Danie Heymans en sy organisasie wat “Care for Education”, “World Robot Olympiad”…

Lees Meer

In die klaskamer

Leer is lekker, veral as jy self die organe wat tydens ‘n les behandel word, kan oopsny en ondersoek. Die graad 11-leerders het tydens ‘n Lewenswetenskapklas NIERE behandel. Hulle het die geleentheid gehad om self ‘n nier oop te sny en van naderby te bekyk. Wanneer ‘n nier oopgevlek word, kan jy die netwerk van…

Lees Meer

Boogskiet

Na afloop van die Oos-Kaap Boogskietkampioenskappe in Port Alfred, is die name van die Oos-Kaapspanne bekend gemaak. Die spanne gaan van 5 – 7 Oktober 2022 in Paarl aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Om hiervoor te kwalifiseer word die telling van die Oos-Kaap kampioenskappe, sowel as die vier beste tellings geskiet tydens die interskole kompetisies…

Lees Meer

Volksie 7’s Rugbytoernooi

Hoër Volkskool het die afgelope naweek ‘n suksesvolle 7’s rugbytoernooi met die ondersteuning van Nommerpas en ander borge aangebied. Baie geluk aan die wenners van die verskillende afdelings: o.15 Plaat Finaal: Hoërskool Grens o.15 Beker Finaal: Aliwal Noord Hoërskool o.17 Plaat Finaal: Hoër Volkskool o.17 Beker Finaal: Hoër Landbouskool Marlow Baie dankie aan al die…

Lees Meer

Lewensoriëntering

Verlede week was die graad 10-leerders op ‘n Lewensoriëntering uitstappie en het die Camdeboo Opvoedkundige Sentrum besoek. Hulle het van die verskillende Sanparke in Suid Afrika geleer. Die leerders is ook herinner dat ons na ons ekologie moet kyk om dit vir ons nageslag te bewaar. Baie dankie aan Camdeboo Nasionale Park vir die interessante…

Lees Meer

Universiteit van Stellenbosch besoek HVS

Oud-volksie Anthonie de Beer (matriek 2014) het vanoggend saam met ‘n groep nagraadse fisika studente van Stellenbosch Universteit Hoër Volkskool besoek. Hulle bied ‘n skooluitreikprogram gedurende die week van 5 September aan. Die groep word gesteun deur die professionele wetenskaplike liggame van Optica, SPIE en NITheCS om skole te besoek met die doel om belangstelling…

Lees Meer

Nommerpas Volksie 7’s Rugbytoernooi

Op Saterdag, 10 September bied Hoër Volkskool die NOMMERPAS Volksie 7’s Rugbytoernooi aan. Hierdie jaarlikse #TrotsVolkskool 7’s-toernooi word met trots geborg deur NOMMERPAS Graaff-Reinet. Ons verwelkom Saterdag die volgende skole: Asherville Secondary School Hoër Landbouskool Marlow Hoërskool Bergsig Hoërskool Grens Hoërskool Burgersdorp Aliwal Noord Hoërskool Spandau Secondary School Kom ondersteun Karoo-rugby op sy BESTE! Vir…

Lees Meer

Spanbou op Skietfontein

Uithou en aanhou terwyl ons leerlingraad moet kruip, klouter, klim en krete uitdink is deel van spanbou op Skietfontein. Tussen al die aktiwiteite deur moet hulle ook lesings bywoon. Die doel van die kamp is om HVS se leerlingraad toe te rus om as ‘n span saam te werk en oplossings vir probleme te vind.…

Lees Meer