Hierdie naweek het Volkskool se hokkiespanne die veld betree teen Hoërskool Outeniqua. Hoewel die uitslae nie in ons guns getel het nie, het ons spanne dapper gespeel teen ’n sterk en ervare teenstander wat duidelik op ’n hoë vlak vuur maak. Die wedstryde het ons nie net uitdagings gebied nie, maar ook waardevolle ervaring en…
Volkskool se skuts het uitstekend presteer by die kompetisie by Corkwood Mall. Hoogtepunte: – Karli van Rooyen skiet haar eerste én tweede 50 op 10m! – Rikus Kleyn skiet sy eerste 50 op 15m na 8 jaar – welgedaan! – Conrad Kleyn neem goud en silwer huis toe, sowel as – Conrad Kleyn is ook…
Lees MeerMatsieng, Lesotho | 28–30 November 2024 Erik Swanepoel, Gr. 11-leerder van Hoër Volkskool, het ’n ongelooflike 5de plek behaal uit 290 deelnemers in die Brons Afdeling van die internasionale Roof of Africa motorfietsresies! Hy het die 3-dae roete van 127 km in ’n totale tyd van 8 uur 49-minute voltooi – ’n bewys van sy…
Lees MeerRaptors gevegkuns het hul staal gewys by die Oos-Kaap MASA (Mixed Martial Arts South Africa) kampioenskappe op 10 Mei in Despatch – en ons is ongelooflik trots op die uitmuntende prestasies van ons leerders! Drie van ons eie Hoër Volkskool-leerders het uitstekend gevaar en is gekies om die Oos-Kaap Provinsie te verteenwoordig by die Nasionale…
Lees MeerTwee spanne van Hoër Volkskool het op 14 April aan die ATKV-debatproewe deelgeneem by Ooskus Gimnasium. Hulle het teen sterk opponerende spanne van Hoërskool Nico Malan en Hoërskool Despatch te staan gekom en het al drie debatsgesprekke gewen!Beide van Hoër Volkskool se spanne eindig derde in hul onderskeie groepe – ’n puik prestasie teen sterk…
Lees MeerVolksies praat hul pad oop na die ATKV Redenaars semi-finaal. Na weke se asem ophou is Hoër Volkskool verlig en opgewonde om aan te kondig dat vier Volksies deur kon dring na die ATKV Redenaarskompetisie se semi-finaal wat Saterdag, 31 Mei op Humansdorp aangebied word. Hier kompeteer die room van ons provinsie se sprekers om…
Lees Meer‘n Passievolle onderwyseres by Hoër Volkskool Ons is opgewonde om me. Julia Siebrits as deel van die Hoër Volkskool-span te hê! Sy bied die volgende vakke aan:Landbouwetenskappe vir Graad 10, 11 en 12Natuurwetenskap vir Graad 8Lewensoriëntering vir Graad 9Me. Siebrits het ‘n BSc-graad in Veekunde en is tans besig met haar Nagraadse Onderwys Sertifikaat –…
Lees MeerOns is ongelooflik trots op Tiaan Fourie, Marli Fourie en Philip Ehlers, wat in Februarie aan die Saddleseat Nasionale Protea Proewe in Victoria-Wes deelgeneem het. Al drie het die Oos-Kaap verteenwoordig in HEAT 1 en daarmee hul OP Provinsiale Ruiterkuns-klere verwerf – ’n besonderse prestasie! ’n Spesiale geluk aan: Tiaan Fourie, wat gekies is vir…
Lees MeerOns is ongelooflik trots op Kate-Lynn, wat erekleure vir swem by die skool ontvang het ná haar uitstaande prestasie by die SA National Junior Age Group Championships wat van 25 tot 29 April by UWC in Kaapstad plaasgevind het. Sy het ‘n brons medalje verower in die 200m borsslag – ’n puik prestasie op nasionale…
Lees MeerDie naweek se rugbywedstryde teen Marlow was ‘n ware toets van karakter vir Hoër Volkskool se spanne. Al het die uitslae nie in ons guns getel nie, het ons spelers elke oomblik van elke wedstryd met moed en trots gespeel.Wat regtig uitgestaan het, was hul deursettingsvermoë. In sekere wedstryde het spanne selfs met net 13…
Lees Meer