Volkskool se eie ster skyn helder!
Rikus Kleyn het onlangs aan die Teatro Arti Eisteddfod deelgeneem en ‘n A+++ (97%) verwerf vir sy pragtige vertolking van Ivan Roux se “Vier Seisoene Kind“.
Teatro Arti is die grootste kompetisie geregistreer by die “National Arts Association of South Africa” en word landwyd deur meer as 40 skole en 20 privaat instellings erken.
Met slegs geakkrediteerde beoordelaars en ‘n inskrywing van ongeveer 4200 deelnemers, is hierdie prestasie werklik uitsonderlik!
Ons is trots op Rikus se talent, toewyding en die manier waarop hy Volkskool se naam landwyd uitdra.