Erekleure toekennings

Na afloop van die somersportseisoen, het van ons leerders uitstekend gevaar in hul onderskeie dissipilines. Die volgende atlete het erekleure ontvang vir hul besondere prestasies: Hannes van der Merwe: verteenwoordig OP by die interprovinsale Tweekamp Kampioenskappe Lliam van Heerden verteenwoordig Oos-Kaap by die Suid-Afrikaanse Hoerskole  Atletiek Kampioenskappe Marlien Crewe-Brown verteenwoordig OP by die Interprovinsiale tweekamp…

Lees Meer

Netbal

Die afgelope vakansie het die Eerste Netbalspan van Hoer Volkskool na Mosselbaai vertrek en aan die Arthur Johnson Sportoernooi gaan deelneem. Daar het altesaam 20 skole aan die afrigtingskliniek en toernooi deelgeneem. Die weer was perfek vir netbal! Ons het baie goed vertoon in die meeste van ons wedstryde en het ‘n algehele 11de plek…

Lees Meer

Boogskiet

Saterdag het Hoër Volkskool ‘n interskole boogskietkompetisie aangebied en 35 skuts van Hoërskool Daniël Pienaar en  Kwagga boogskietklub (Uitenhage), Susanna Fourie (Despatch) en Soul Point Archery (Jeffreysbaai) het hierheen gereis om deel te neem. Die kompetisie het in die Botaniese Sportgronde se saal plaasgevind waar twee rondtes “Bull’s Eye” binneshuis geskiet word. Die uitslae van…

Lees Meer

Aanlyn-Jagveiling

Ons is opgewonde om die jagpakkette vir ons jaarlikse Volkskool Graaff-Reinet Aanlyn-Jagveiling met julle te deel. Die webblad www.insamel.co.za is amper gereed vir die bie-proses. Hou dié blad dop vir meer inligting. Baie dankie aan al ons boere en borge wat hierdie geleentheid moontlik maak! Volg ons op Facebook

Lees Meer

SPRINGBOK-JAGKOMPETISIE

Dit is amper weer tyd vir HVS se jaarlikse SPRINGBOKJAGKOMPETISIE ten bate van Huis Cronjé. ‘n Springbokram, geteel uit die genetika van Rolex (ram op die foto), sal tydens die jagkompetisie opgeveil word. Moenie die kans mis om ‘n ram met hierdie goeie genetika te bekom nie. Baie dankie aan ons borg, Hennie Barnard. Kontak…

Lees Meer

Toeka bly koning!

Trek jou 70’s kostuum aan en kom kuier saam op Vrydag, 13 Mei 2022 by HVS Kom herleef toeka se treffers wat ons nooit sal vergeet nie! Modyrts Musiek bring huldeblyk aan kunstenaars soos: ABBAOlivia Newton JohnBeegeesNeil DiamondPussycatFleetwood MacCarpentersChicago

Lees Meer

HVS Top 10

Die Top Tien-presteerders vir die eerste kwartaal van 2022 is as volg: GRAAD 12 Annelie Pieterse Chloé Stannard Denóvan Hoffman Marlien Crewe-Brown Marné Schoonraad Lara Muller Lieben Bekker Marli van der Merwe Anja Smit Jeffson Arends GRAAD 11 Zenke Enslin Sophia Louw Jana Neethling Cara Jansen Carli Kritzinger Elaine van Rensburg Haillé-Jade Hoffman Zoë Hattingh…

Lees Meer

HVS gee om

Op Woensdag, 13 April, was die SANBS by Die Volksie en het HVS se leerders gewys hulle gee om, deur bloed te skenk. 55 eenhede is geskenk. Die koekies en koeldrank, asook die geskenkpak wat die skenkers ontvang, is ‘n bonus. Dankie aan al ons HVS-skenkers!

Lees Meer