Hoër Volkskool maak opskudding in die Kaap.

Ons klein, maar trotse skool het op Woensdag, 25 Junie, aan die Nou Praat Jy – redenaarskompetisie in Durbanville deelgeneem. Hierdie kompetisie vorm deel van Curro Durbanville se Kultura-fees waar top skole regoor die land deelgeneem het. Vanjaar se onderwerp was “Afrikaans, ‘n Taal van kleur en klank”.

Die formaat vereis dat 2 sprekers gesamenlik ‘n toespraak lewer. Hoër Volkskool sprekers, Mikha Enslin (gr.11) en Mia Prinsloo (gr.10) het die Kaap oorrompel met hul visie vir Afrikaans en die waardes van ons skool op ‘n kleurvolle wyse oorgedra.

Met Hoërskool Stellenbosch wat as algehele wenners aangewys is, is Hoër Volkskool Graaff-Reinet as die algehele naaswenner aangekondig. Hierdie besonderse prestasie is die vrug van harde werk, toewyding en ‘n onblusbare liefde vir Afrikaans.

Die hele Volkskool familie is ongelooflik trots op die sprekers wat ons skool se naam tussen soveel groot name hoog gehou het.

Meer Nuusberigte