Rugby

HVS rugby-afrigter Jaco van Schalkwyk se eerste rugbyspan het die afgelope naweek te Bloemfontein teen St Andrews kragte gemeet.Baie geluk aan Jaco en die span met hulle oorwinning van 4

Lees Meer

Swem

Izak Hattingh (graad 12), het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Kampioenskappe te Port Elizabeth deelgeneem.Izak het die volgende medaljes gewen:Dag 1 :50m Rugslag – goud100m Vlinderslag – goud4 x 100m wisselslag aflos – silwerDag 2100m vryslag – goud100m rugslag – goud4 x 50 wisselslag aflos – silwer4 x 50m gemengde aflos –…

Lees Meer

HVS Hokkie

Baie geluk aan afrigter Claudia Cooke en ons HVS eerste hokkiespan met ‘n suksesvolle naweek by die Greg Beiling Toernooi te Oos Londen.HVS 4 – 1 Sentraal (Bloemfontein)HVS 2 – 1 Eldoraine (Centurion)HVS 4 – 1 Clarendon 0/16A (Oos Londen)HVS 5 – 1 Merrifield (Oos Londen)

Lees Meer

Personeelfunksie

Volkskool is op 30 Januarie 1922 ingewy. Op Woensdag, 23 Februarie 2022, het Volkskool sy verjaarsdag gevier. Feestelike dekor in die Kewertjie het bygedra tot ‘n heerlike aand, asook die viering van Volkskool se Eeufeesjaar. Die personeel van Weppie Preppie, Hoër Volkskool en Laer Volkskool het die kans benut om heerlik saam te kuier. Lesley-Ann…

Lees Meer

100 Jaar se Guns en Genade

Kom sê saam met ons dankie tydens ‘n Lofprysingsaand op Donderdag, 28 April 2022, in NG Grootkerk, Graaff Reinet. Retief Burger, ‘n Afrikaanse sanger van geestelike liedere, gaan die geleentheid lei. Sy debuutalbum, Luidkeels is in 2005 uitgereik. Leerlinge van Weppie Preppie sowel as Laer en Hoër Volkskool gaan die aand deel vorm van ‘n…

Lees Meer

Nasionale Boogskietspan

Annelie Pieterse (graad 12) is ingesluit in die NASP SA Nasionale span wat vanaf 1 tot 3 Julie 2022 aan die “ALL AFRICA CHAMPIONSHIPS” te Kimberley gaan deelneem. Annelie neem aan die Hoërskool-afdeling deel en is een van sestien skuts in die span. Spanne van Namibië, Zimbabwe en Botswana gaan teen Suid-Afrika deelneem.

Lees Meer

Netbal

Die eerste netbalspan is amptelik aangekondig en hulle eeufees sportklere is aan hulle oorhandig. Dit het tydens ‘n heerlike geselligheid saam met hulle ouers plaasgevind. Mag julle ‘n goeie sportjaar beleef.

Lees Meer

Perdry

Tiaan Fourie het verlede naweek aan die perdeskou op Tarkastad deelgeneem. Hy het die volgende plasings in die saalperdafdeling behaal: 1ste: Driegang parkperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Vyfgang plesierperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Driegang ruiterkuns, ruiters 18 jaar en onderTiaan is ook aangewys as die Vyfgang Plesierperd Kampioen. Baie geluk, Tiaan.

Lees Meer

Portuurleiers verkies

Bloedskenkgeleenthede is een van die hoogtepunte by Hoër Volkskool. Ons bied elke kwartaal hierdie geleentheid aan ons leerders om ontbaatsugtig van hulself te gee. Om hierdie geleentheid glad te laat verloop, verg dit baie goeie beplanning. Daarom kies ons elke jaar ‘n paar leerders wat as portuurleiers optree. Sodoende kan ons seker maak dat elkeen…

Lees Meer

Tennis

Petrie van der Merwe (o.19 A-span) en Louwen Wolfaardt (o.15 B-span) neem hierdie naweek in Pretoria aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi vir SA Skole deel. Ons wens julle baie sterkte toe vir julle deelname!

Lees Meer