Opedag

Groot opgewondenheid het by Hoër Volkskool geheers toe sewentig graad sewe leerders en ‘n groot groep ouers die Opedag bygewoon het.  Hier is ‘n geleentheid geskep om die skool beter te leer ken op ‘n ontspanne en interessante manier. ‘n Boodskap uit Psalm 8, wat die plek van die mens in die skepping verduidelik, het…

Lees Meer

HVS Hokkie Presteerders

Die volgende hokkiespelers van Hoër Volkskool is verkies tot ‘n OP span. Hulle sal OP verteenwoordig in hul onderskeie interprovinsiale toernooie en streekstoernooie wat tydens die Junie-vakansie sal plaasvind in Oos-Londen en Pietermaritzburg. Mnr Wynand Volschenk, die eerstespan hokkie-afrigter by Hoër Volkskool, is aangewys as die afrigter van die 0.14C OP-span. Foto VLNR: Lynette Itterhagen-Strauss:…

Lees Meer

Nasionale Tweekamp kampioenskappe

Die 2018 Suid Afrikaanse Nasionale Tweekamp kampioenskappe was gehou te Pretoria op die laaste dag van Maart. Daar was ‘n rekord getal deelnemers en die stadiums was gepak met toeskouers en belangstellendes. Die verrigtinge het al die Vrydag afgeskop met die openings seremonie en verbymars. Van die meer ervare atlete het sommer van die tyd…

Lees Meer

Oud HVS leerder presteer

Karisma Calitz, ‘n oud-leerling van Hoër Volkskool,  het haar BA Honneurs (HMS:Biokinetika) graad voltooi. Sy het die graad met cum laude behaal. Sy was ook benoem as die beste akademiese presteerder deur BASA (Biokinetics Association of SA). Op die oomblik voltooi sy haar internskap jaar (tot Des 2018) by Da Gama mediese sentrum in Mosselbaai…

Lees Meer

Hoër Volkskool gaan G(ma)roen!!

Hoër Volkskool is nou offisieël ‘n groen skool.  Hoër Volkskool herwin al vir ‘n geruime tyd, maar nou gaan ons dit op grootskaal begin doen.  Hierdie projek maak deel uit van die gr 10’s se lewensoriëntering projek. Hulle maak die dromme self skoon en gaan help ook om die trokke te laai. Op die foto…

Lees Meer

Ruiterkuns

Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe by die Bloemskou 24 – 28 April 2018. Weereens druk Hoer Volkskool hul stempel af op Ruiterkuns in SUid-Afrika. Die ruiters neem deel aan uitdunne vir die kampioen van Kampioene, wat ‘n glansgeleentheid is waar die top 8 ruiters 18 jaar en jonger…

Lees Meer

Hokkie

‘n Hokkiespeelster van Hoër Volkskool, Chloe Stannard, is tydens die afgelope hokkietoernooi in Bloemfontein, ingesluit by o.14 die Elsie Coetzerhokkiegroep. Hierdie groep gaan tydens die Septembervakansie Holland toe toer om daar aan ‘n hokkietoernooi deel te neem. Ons is baie trots op Chloe!

Lees Meer

Ooskaap Netbal

Maryna Nel, Marichen Piek, Lara du Plessis en Lykita Koeberg is na afloop van die afgelope rondtes netbalproewe gekies om die Oos-Kaap te verteenwoordig. Hul is gekies vir die 0.18 span wat tydens die Junie-vakansie aan ‘n interprovinsiale toernooi te Boksburg gaan deelneem. Dit is ‘n dubbele eer vir ons skool, nadat Lara en Lykita…

Lees Meer

Redenaars

Hoër Volkskool het ons interne redenaarskompetisie aangebied. Na ‘n baie taai stryd tussen die sprekers het Astrid Langeveldt tweede geëindig in die juniors afdeling terwyl Carlin Jansen tweede geëinndig het in die senior afdeling. Die wenners was Justin Gafoor (Seniors) en Annelie Pieterse (Juniors)

Lees Meer

Swem

Hoër Volkskool het die swemseisoen op ‘n baie hoë noot afgesluit. Ons top swemmers het deelgeneem aan die top 8 gala, vlak 1, 2 en 3 gala’s. Die top 8 swemmers Swemmers wat aan die top 8 gala deelneem, moes aan B-groep gala’s gedurende die seisoen deelneem, waar die top 8 swemmers dan gekies word…

Lees Meer