Vroeg Saterdagoggend, 27 April, het Hoër Landbouskool Marlow in Graaff-Reinet aangekom om kragte te meet teen Hoër Volkskool. Die weersomstandighede was perfek en ‘n opgewondenheid het in die lug gehang.

Die 0.14s het swaar gekry en verloor met ‘n telling van 5-50. Die 0.15s kon ook nie die mas opkom nie en verloor 3-43. Die 0.16s het aan die kortste ent getrek en verloor ook 3-43. Die tweedes het hul beste gelewer en eindig met ‘n telling van 5-43.

Die eerste span het ‘n meer kompeterende wedstryd gespeel en verloor ongelukkig 20-31. Alhoewel dit ‘n moeilike dag was vir Volkskool se rugbymanne, het hul almal hul harte uitgespeel. Dit was goeie, harde en skoon wedstryde en die spel van rugby het geseëvier.

Baie geluk aan albei skole se tasbare en goeie sportmanskap

Meer Nuusberigte