Matriek Erediens

Die Verenigde Gereformeerde Kerk het vanoggend ‘n erediens vir matrieks aangebied en Hoër Volkskool se matrieks het die diens bygewoon. Ds. Gysman het ook Vrydag die saalbyeenkoms tydens die matrieks se laaste dag gelei en ‘n boodskap van hoop gebring. Ons gebed vir elke matriek is dat julle hard sal werk en die vrugte van…

Lees Meer

HVS kondig hoofleiers aan

Hoër Volkskool se hoofleiers vir 2023 is Maandagaand tydens die jaarlikse prysuitdeling as volg aangekondig: Albrecht de Jager (onderhoofseun), Chequin Koopman (hoofseun), Melandré Kombani (hoofdogter) en Zenke Enslin (onderhoofdogter) Baie geluk met julle verkiesing en mag ons in 2023 voortbou op die sukses van ons eeufeesjaar.

Lees Meer

Laaste Skooldag

Op 29 September het die personeel en die graad 12-klas van 2022 heerlik saam gekuier tydens hulle matriekafskeid. Die afgelope week was hulle laaste week in Hoër Volkskool. Maandagaand het die presteerders tydens die prysuitdeling erkenning ontvang vir hul goeie prestasies. Donderdag het die skooluniforms bietjie vreemd gelyk en duidelik was die lengte van sommige…

Lees Meer

Lentebal

Op Woensdagaand, 19 Oktober 2022 was die eerste lentebal ná die Covid pandemie, deur die Volksie aangebied. Dit was ook die laaste sosiale geleentheid wat ons matriekklas bygewoon het. Die tafels was onder die sterre in HVS se vierkant gedek en ‘n heerlike ete is bedien, terwyl almal tussendeur saam gekuier en gedans het. Baie…

Lees Meer

Nasionale Boogskiet-kampioenskappe

Hoër Volkskool se boogskietspan het baie goed gevaar tydens verlede week se deelname aan die interprovinsiale- en interskole boogskietkompetisie in die Paarl. Twee van Hoër Volkskool se leerders het medaljes tydens die kompetisie gewen: Annelie Pieterse het ‘n silwer medalje in die 3D-afdeling van die interskole kompetisie, asook in die Bullseye-afdeling vir graad 12-leerders gewen.…

Lees Meer

Oud-Volksies en Volkskool Ouers

MSD Animal Health ondersteun Volkskool en jy kan ook die projek ondersteun deur al jou MSD dieregesondheidsprodukte by die plaaslike koöperasies aan te koop. Volkskool ontvang 5% van alle aankope wat deur oud-Volksies én ouers van Hoër Volkskool Graaff-Reinet en Laer Volkskool Graaff-Reinet se leerders aangekoop word. Pieter van der Laan is die plaaslike agent…

Lees Meer

Netbalnuus uit Italië

HVS se Tanya Nieuwoudt (graad 12) en haar spanmaats neem tans aan ‘n netbaltoernooi in Italië deel. Tanya en Shani Pick van Punt Hoërskool is as kapteine van die netbalspan aangewys. In hulle eerste wedstryd verlede week het hulle die span van Fgura Champs o.21, 36 – 22 gewen. Hul tweede wedstryd was teen NRG…

Lees Meer