Camdeboo Eisteddfod

Heelwat van ons leerders het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem. Die Eisteddfod is die afgelope week deur ons buurskool, Union High School, aangebied.Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Dit is nie altyd maklik om op die verhoog te gaan en voor mense op te tree nie, maar elkeen, hetsy met drama, dans, sang…

Lees Meer

Wasserman Tennistoernooi

Foto’s:Eerste span: Voor; Zanri Groenewald, Alecia Louw, Jani van der Merwe, Anya CorneliusAgter: Kian Keyser, Jan-Theo van Tonder, Rudolph-Hein van Eeden, Louwen Wolfaardt. Hoër Volkskool is deur twee spanne by die gewilde Wasserman Tennistoernooi wat deur Hoërskool Middelburg aangebied is, verteenwoordig. Spanne bestaan uit vier seuns en vier dogters wat in dubbelspel en gemengde dubbelspel…

Lees Meer

WOW – spelfees

Ses van Hoër Volkskool se leerlinge het Donderdag, 24 Augustus 2023 aan die Sanlam WOW-Spelfees deelgeneem. Dié kompetisie was die tweede rondte en het by Graaff-Reinet Primêr plaasgevind. Ons leerders het baie goed gevaar. Op die foto is die volgende leerlinge: Michayle Maarman (Algeheel eerste in die gr 10 afdeling) Chaendré Damons (deelname gr ,…

Lees Meer

Gimnastiek

Leoné Lategan het aan die Karoo Gimnastiek Winter Uitnodigingskompetisie wat by Laer Volkskool aangebied is, deelgeneem. Sy het ‘n algehele eerste plek in twee afdelings, naamlik die Vloerafdeling en die Vault-afdeling behaal. Sy behaal ‘n finale punt van 8.8 en het ‘n goue medalje vir hierdie prestasie by die kompetisie ontvang. Baie geluk, Leoné.

Lees Meer

Marilie Moolman Toernooi

Op Donderdag 17 Augustus 2023, het Hoër Volkskool se top 6 seuns na Cradock vertrek om aan die gesogte Marilie Moolman Tennistoernooi deel te neem. Die dorp het behoorlik gewemel van talentvolle besoekers uit die uithoeke van die land – Pretoria, Kimberley, Bloemfontein, Stellenbosch en talle Oos-Kaapse skole. Hoër Volkskool was by verre die kleinste…

Lees Meer

Skeppende kuns

By HVS het die graad 8’s en 9’s vanoggend vir groot opgewondenheid gesorg. Hulle het vir Skeppende Kuns ‘n modeparade gehou. Elke groep moes ‘n onderneming uitbeeld deur herwinbare of afbreekbare materiale te gebruik. Aan talent en oorspronklikheid was daar geen gebrek nie.

Lees Meer

Boogskiet

Die laaste boogskiet vir die jaar teen die ander skole en klubs van Oos-Kaap het op Saterdag 12 Augustus op die velde van Daniël Pienaar te Uitenhage plaasgevind.‘n Totaal van 82 skuts het in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span deelgeneem. Daar is in Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit…

Lees Meer

Skaak

Layton Meshilinie, ‘n graad 10-leerling aan Hoër Volkskool, het onlangs aan die finale Sarah Baartman skaakproewe te Jeffreysbaai deelgeneem. Hy het baie goed gevaar by die toernooi en is in die finale o.18 Sarah Baartman skaakspan opgeneem wat in Oktober, ook te Jeffreysbaai, aan die Interprovinisiale Skaaktoernooi gaan deelneem. Baie geluk, Layton.

Lees Meer