Lewensoriëntering as vak is gemik op die ontwikkeling van leerders om hul te bemagtig om ‘n positiewe bydrae in die samelewing te kan lewer.

Hier by Hoër Volkskool word die graad 12-leerders aan talle uitdagings blootgestel.

Hulle het verlede week vir spanbou én Lewensoriënteringprakties ‘n 5 kilometer wedloop voltooi. Hulle het gedurende die vakansie ‘n 5 kilometer oefenprogram gekry en kon hulself goed voorberei.

Die eerste atleet wat klaargemaak het, is G.P. Borcherds met ‘n tyd van 20 minute 55 sekondes. Die matrieks het dit baie geniet, veral die dele waar hul mekaar moes ondersteun om deur te druk en nie moed op te gee nie!

Meer Nuusberigte