Relay EMS (Relay Emergency Services) het verlede Vrydag ‘n inleidende noodhulpkursus vir al die graad 11-leerders as deel van hul Lewensoriëntering prakties aangebied.

Die lesing het gehandel oor kardiopulmonêre resussitasie (CPR) en leerders is ook gewys wat om te doen om erge bloeding te stop. Daar was ook ‘n demonstrasie om te wys wat gedoen moet word wanneer hulle in ‘n situasie is as iemand ‘n fraktuur sou opdoen. Die span het van die leerders uitgedaag om “CPR” vir 5 siklusse aan te durf omdat dit ‘n veeleisende tegniek is.

Na afloop van die kursus het nooddienste-personeel vir die leerders die ambulans van binne gewys. Die manne in rooi was bereidwillig om geduldig elke vraag oor die ambulans en die beroep self te beantwoord.

HVS is opreg dankbaar vir Relay se personeel wat hul tyd opgeoffer het om die noodhulp demonstrasie by HVS aan te bied.

Meer Nuusberigte