Hoër Volkskool se Senior Leerlingraad het vandag, op Nasionale Boomplantdag, ‘n olyfboom geplant. Een van hulle projekte is die aanplant van ‘n Tuin van herinnering en die boom is in hierdie tuin geplant.

Wanneer jy ‘n boom plant, plant jy dit vir ‘n volgende generasie. Net soos Lentedag ‘n nuwe groeiseisoen aankondig, betree Volkskool ‘n nuwe eeu, vol belofte van voorspoed, groei en volhoubaarheid!

Meer Nuusberigte