Hoër Volkskool se ATKV Jeugtak, die Volksmond, presteer uitstekend. Tydens ‘n ATKV Algemene Jaarvergadering te Klein Kariba, het Jorinda Gouws, tesourier van die Volksmondtak, Hoër Volkskool verteenwoordig. Hierdie vergadering word bygewoon deur verteenwoordeigers regoor die land, insluitende Namibië. Dee hooftema van die vergadering hierdie jaar was om saam te staan om ons Huistaal, geboortetaal voort te bou.

Jorinda het ‘n prys namens die tak ontvang vir die tak wat die meeste bydra tot onderwys in die Noord-Oos Kaap. Die tak is baie aktief in die skool en in die gemeenskap, so hou ons projekte dop en ondersteun ons!

Meer Nuusberigte