Elke jaar op die 18 Julie gee mense 67 min van hul tyd vir Mandela. Hierdie jaar was nie anders vir Hoër Volkskool se leerlinge nie. Ons het, in samewerking met Montego Pet Nutrition, ‘n oop stuk veld in die dorp help skoonmaak. Gewapen met handskoene en ‘n sak, het die leerlinge die veld ingevaar. Die leerlinge het dit geweldig baie geniet, en een het tereg opgemerk dat Mnr Mandela vandag vir ons hande klap van dankbaarheid van bo af.

Meer Nuusberigte