Karoo Volksies stap vorentoe! 🌿

Van 30 Junie tot 4 Julie het 190 leerders en personeel ’n onvergeetlike week in Burgersdorp deurgebring as deel van die Landsdiens Provinsiale Kamp.

📍 Hoogtepunte van die week:

– Murder Mystery 💡

– Handvaardigheid 🖐️

– Selfverdediging 🥋

Staproetes 🥾

Daguitstappie na Gariep:

– Ferry-rit 🚢

– Toer deur die damwal en hidrokragstasie ⚡

🌱 Kinders het nuwe vriende gemaak, leierskap geleer en die vier liefdes van Landsdiens uitgeleef – liefde vir God, die natuur, jou medemens en jou omgewing.

🏅 Baie geluk aan Luandré Rademan, wat gekies is om die Nasionale Kamp in Desember by te woon!

💫 ’n Spesiale vermelding aan Lisa du Toit, wat werklik uitgestaan het – al was daar net beperkte plekke beskikbaar. Jy het ’n indruk gemaak!

Hoër Volkskool is ongelooflik trots op elke landsdiener wat dié week ten volle benut het! 🇿🇦

Meer Nuusberigte