Johndré Ludick, matriekklas van 2024, verteenwoordig tans Suid-Afrika by die gesogte 2025 “Toyota Junior Golf Word Cup” in Japan!
Die toernooi vind plaas van 24 tot 27 Junie by die Chukyo Golf Club – ’n wêreldklas geleentheid waar Johndré sy talent wys teen van die wêreld se beste jong gholfspelers.
Ons is ongelooflik trots op Johndré se prestasie en sien uit na sy verdere sukses op die internasionale verhoog. Hou aan vlieg, Volksie!