Ons is trots om Mev. Cecilia Pienaar as deel van die Hoër Volkskool-span te verwelkom!

Sy gaan Wiskunde vir Graad 10 en 11 aanbied.

Met ’n B.Ed in Senior en VOO-fase, gespesialiseer in Wiskunde en IGO aan die NWU, bring sy nie net akademiese kundigheid nie, maar ook ’n opregte passie vir onderwys en ’n hart vir elke leerder.

Haar gunsteling aanhaling is:

“Doen jou bes en God doen die res.”

As kind het sy gedroom om ’n veearts te word, maar haar roeping het haar na die klaskamer gelei – tot ons groot voordeel!

Sy sien veral daarna uit om deel te wees van die Volkskool-familie en ’n merkwaardige verskil in elke leerder se lewe te maak.

As daar een ding is wat sy hoop Volksies van haar sal onthou, is dit:

“Dat ek altyd toeganklik, hardwerkend en behulpsaam was.”

Welkom, Mev. Pienaar – ons sien uit daarna om saam met jou te bou aan uitnemendheid!

Meer Nuusberigte