Tydens die vakansie het Alecia Louw met trots deelgeneem as lid van die o.16 OP-hokkiespan wat aan die provinsiale toernooi in Pietermaritzburg, by St Anne’s Diocesan College, deelgeneem het.
Die span het silwer medaljes verower na ‘n gespanne eindstryd teen “KZN Coastals”, met ‘n telling van 2 – 4. Hierdie teenstanders het deur die hele toernooi onoorwonne gebly – wat die OP-span se prestasie nóg meer merkwaardig maak.
🎉 Alecia se harde werk en talent is beloon toe sy ook verkies is tot die Suid-Afrikaanse o.16 span – ’n ongelooflike prestasie!
Baie geluk, Alecia! Volksool is trots op jou! 🌟