Tiaan Fourie, ‘n matriekleerder van Hoër Volkskool, het tydens die vakansie aan die Internasionale Saalperdkompetisie in New Orleans, VSA deelgeneem.
Hy was die kaptein van die “5-gaited” span – en onder sy leiding het hulle GOUD huis toe gebring.
Tiaan, ons is ongelooflik trots op jou prestasie en die manier waarop jy nie net jou span nie, maar ook jou skool en land verteenwoordig het!
Baie geluk ook aan Sumeri Botha, afrigter van hierdie wen-span! Sumeri het gedurende die tweede kwartaal ook by ons ingeval as Wiskunde-onderwyser – en haar passie en toewyding maak ons só trots!