‘n Passievolle onderwyseres by Hoër Volkskool
Ons is opgewonde om me. Julia Siebrits as deel van die Hoër Volkskool-span te hê! Sy bied die volgende vakke aan:
Landbouwetenskappe vir Graad 10, 11 en 12
Natuurwetenskap vir Graad 8
Lewensoriëntering vir Graad 9
Me. Siebrits het ‘n BSc-graad in Veekunde en is tans besig met haar Nagraadse Onderwys Sertifikaat – ‘n bewys van haar toewyding aan leer en ontwikkeling.
Haar gunsteling aanhaling is:
“Jy moet die dood van ‘n eenling ervaar om die geboorte van ‘n tweeling te waardeer.”
Hierdie aanhaling weerspieël haar waardering vir groei, lewenslesse en die krag van perspektief.
Toe sy klein was, het sy daarvan gedroom om ‘n boervrou te word – ‘n passie wat steeds deel vorm van wie sy is.
Sy sien die meeste uit daarna om weer terug te wees in die koshuislewe en om deel te wees van netbalaktiwiteite!
As sy eendag sou groet, hoop sy dat die Volksies haar sal onthou as iemand wat altyd vriendelik was teenoor almal:
“Jy weet nooit waardeur daardie persoon gaan nie.”
Welkom by Hoër Volkskool, me. Julia Siebrits! Ons sien uit na die pad vorentoe saam met jou!