Ons is ongelooflik trots op Tiaan Fourie, Marli Fourie en Philip Ehlers, wat in Februarie aan die Saddleseat Nasionale Protea Proewe in Victoria-Wes deelgeneem het. Al drie het die Oos-Kaap verteenwoordig in HEAT 1 en daarmee hul OP Provinsiale Ruiterkuns-klere verwerf – ’n besonderse prestasie!

’n Spesiale geluk aan:

Tiaan Fourie, wat gekies is vir die Saddleseat Senior Protea 5-Gang Span en Suid-Afrika gaan verteenwoordig in Junie by ’n internasionale kompetisie in New Orleans, VSA!

Marli Fourie, wat nie net een nie, maar twee keer erkenning ontvang het – sy is gekies vir beide die 3-Gang en 5-Gang Saddleseat Prospective Spanne en sal na verwagting in Desember aan ’n internasionale kompetisie deelneem!

Julle toewyding, harde werk en liefde vir ruiterkuns is werklik inspirerend. Dankie dat julle ons land en streek so trots maak!

Ons staan agter julle elke tree van die pad. Sterkte met die voorbereidings – die beste lê nog voor!

Meer Nuusberigte