Het jy al opgelet na die nommers op ons hokkie-meisies se skouers?

Elke een van daardie nommers is meer as net ‘n identifikasie — dit is ’n getuienis van die spelers wat voor hulle gekom het. Die skouernommer is dieselfde as dié op hul trui, maar elke keer as hulle die veld betree, dra hulle nie net hul eie drome en toewyding nie – hulle dra ook die nalatenskap van dié wat die pad voor hulle gebaan het.

Elke wedstryd word noukeurig aangeteken, elke speler se storie word bewaar. Só herinner die nommer hulle:

Jy is deel van iets groter. Jy is nie die eerste nie – en beslis nie die laaste nie.

Met elke pas op die veld dra hulle die naam, die gees, en die trots van Volkskool se hokkiegeskiedenis.

Meer Nuusberigte