Volksies praat hul pad oop na die ATKV Redenaars semi-finaal.

Na weke se asem ophou is Hoër Volkskool verlig en opgewonde om aan te kondig dat vier Volksies deur kon dring na die ATKV Redenaarskompetisie se semi-finaal wat Saterdag, 31 Mei op Humansdorp aangebied word. Hier kompeteer die room van ons provinsie se sprekers om ‘n plek in die landswye finaal wat op 5 Augustus by die ATKV Goudini Spa aangebied word.
Baie geluk aan Hestri Pearson (gr.9), Pieter Fourie (gr.😎, Drian Gildenhuys (gr.😎 en Mikha Enslin (gr.11) met die uitsonderlike prestasie en word elkeen sterkte toegewens met die voorbereiding wat voorlê.

Meer Nuusberigte