Handgemaakte herinneringe – saam met Elsona
Mnr. en Mej. Volkskool se geskenke stroom steeds in, en ons harte is vol dankbaarheid!
Toe dit nog die Top 20 finaliste was, het Elsona ons verwelkom vir ‘n spesiale oggend waar elke leerder hul eie keramiekbakkie kon verf. Elkeen het ’n unieke, skoon bakkie ontvang en kon self besluit hoe om dit te versier — ’n persoonlike en kreatiewe ervaring wat nou ‘n kosbare herinnering geword het.
Hierdie bakkies is verlede week aan die leerders oorhandig – ‘n tasbare herinnering aan hul reis.
Elsona, baie dankie vir jou ondersteuning van Volkskool. Dit is vir ons ‘n eer om hand aan hand te werk met ‘n oudskolier – dit is waarvoor Volkskool staan: trots, tradisie en samehorigheid.