Dankie, Suzuki – ons trotse hoofborg!
Ons wil graag ’n spesiale woord van dank rig aan Suzuki Graaff-Reinet , wat as hoofborg van ons hokkie ’n groot rol speel in die ontwikkeling van ons spelers en sportprogram.
Suzuki het vandag ook hul teenwoordigheid gewys tydens ons sportdag – dankie dat julle saam met ons hierdie pad stap en vir die waardevolle ondersteuning wat julle aan Volkskool gee.
Ons is trots om julle naam op en langs die veld te dra!