Boomsticks ondersteun Volkskool se hokkiedogters met nuwe opwarmingshemde!

Gister het die hokkiedogters van Volkskool met trots hul nuwe opwarmingshemde ontvang, geborg deur Boomsticks Graaff Reinet.

Ons sê ‘n opregte dankie vir hierdie waardevolle bydrae tot ons sportprogram. Julle ondersteuning is nie net sigbaar nie, maar ook deurlopend – en ons beskou dit as ‘n groot voorreg om met julle pad te stap.

Boomsticks, julle maak ‘n verskil!

Meer Nuusberigte