Ons is ongelooflik trots op Kate-Lynn, wat erekleure vir swem by die skool ontvang het ná haar uitstaande prestasie by die SA National Junior Age Group Championships wat van 25 tot 29 April by UWC in Kaapstad plaasgevind het.
Sy het ‘n brons medalje verower in die 200m borsslag – ’n puik prestasie op nasionale vlak!
Kate-Lynn se deursettingsvermoë, harde werk en toewyding aan haar sport is ’n inspirasie.
Baie geluk, Kate-Lynn – jou skool en gemeenskap is trots op jou!