Die naweek se rugbywedstryde teen Marlow was ‘n ware toets van karakter vir Hoër Volkskool se spanne. Al het die uitslae nie in ons guns getel nie, het ons spelers elke oomblik van elke wedstryd met moed en trots gespeel.
Wat regtig uitgestaan het, was hul deursettingsvermoë. In sekere wedstryde het spanne selfs met net 13 spelers klaar gespeel weens beserings. Hulle het vir mekaar, vir hul skool en vir elke ondersteuner gespeel. Dít is die ware Volkskool-gees!
Ons is trots op elke speler wat hul hart op die veld gelos het.
’n Spesiale woord van dank aan Hoër Landbouskool Marlow en almal wat bygedra het tot die reëlings van die dag – julle harde werk en ondersteuning word opreg waardeer.
📸 Gideon van der Mescht