Volkskool het met trots deelgeneem aan die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar – met ’n buitelugvertoning gevul met sang, dans en digkuns. Elke optrede het ’n huldeblyk gebring aan die taal wat ons lewens, harte en stories vorm.

’n Opregte dank aan ons ouers, personeel, leerders en gemeenskap wat hierdie aand onvergeetlik gemaak het.

Julle teenwoordigheid en ondersteuning het gewys:
Afrikaans lééf – in elke woord, elke beweging, en elke klop van ons Volksie-harte.
Afrikaans is 100 jaar oud en hier by Volkskool, springlewendig!

Meer Nuusberigte