Zenke Enslin, as die Top Presteerder van Hoër Volksool, is met trots aangewys as die Top Student in die Sarah Baartman-distrik. Sy gaan Fisioterapie aan die Universiteit van Kaapstad studeer, maar is vasbeslote om haar langtermyn doelwit, naamlik mediese studies te verwesenlik.
Zenke Enslin (Gem 88,9%)
Afrikaans HT 87%
English FAL 88%
Lewensoriëntering 87%
Wiskunde 90%
Fisiese Wetenskap 89%
Lewenswetenskap 85%
Rekeningkunde 96%
Sy het regdeur haar skooljare haar geheim vir sukses toegepas: goeie tydsbestuur gedurende eksamens en konsekwente harde werk reg deur die jaar.
Zenke deel: “Die geleentheid om my eie persoonlikheid te ontwikkel en nuwe vaardighede aan te leer, was vir my die hoogtepunt van my hoërskool loopbaan. Dit het my toegerus vir die toekoms en ‘n soliede fondasie vir my verdere studies gelê.”
Zenke is is die dogter van Riaan en Erna Enslin. Riaan is ‘n oudskolier van Volkskool.
Volkskool staan bankvas agter jou, Zenke! Alle voorspoed vir ‘n blink toekoms wat wag.

Meer Nuusberigte