Die volgende atlete het wonderlik presteer in die afgelope atletiekseisoen.

Hierdie vyf het deurgedring na die Oos-Kaap Kampioenskappe te Port Elizabeth en het die volgende plekke behaal: Ben-Lee Jooste: behaal ‘n algehele vyfde plek in seuns o.15 hoogspring met ‘n persoonlike beste van 1,5 meter. Valentino Johannes behaal ‘n algehele vyfde plek in die seuns o.15 800 meter met ‘n persoonlike beste van 2:09:72. Aiden Thiart behaal ‘n algehele vierde plek in die seuns o.14 hoogspring met ‘n hoogte van 1,4 meter. Annelie Viljoen behaal ‘n algehele vierde plek in die dogters o.19 gewigstoot met ‘n afstand van 8,75 meter. Lliam van Heerden vaar uitstekend en behaal ‘n eerste plek in die seuns o.19 driesprong met ‘n afstand van 13,64 meter.

Foto: Aiden Thiart, Annelie Viljoen, Lliam van Heerden, Ben-Lee Jooste en Valentino Johannes

Meer Nuusberigte