HVS se eerste hokkiespan het Sondag, 6 Maart 2022, aan die Spar Hokkietoernooi te Grahamstad, deelgeneem.

Hulle het hul eerste wedstryd teen Hoërskool Brandwag gespeel en 8 – 1 gewen. Hulle tweede wedstryd was teen Kingswood High en het 0 – 2 verloor. Hulle moes uitspeel vir die derde en vierde plek en het teen Victoria Girls High gespeel en die wedstryd 4 – 1 gewen.

HVS eindig algeheel derde uit ses skole wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Meer Nuusberigte