Petrie van der Merwe is Hoër Volkskool se tennis-fanatikus! As iemand na Petrie soek, kan jy maar verseker weet om instruksies tot by die skool se tennisbane te gee. Jy sal hom daar aantref – besig om, enigeen wat ‘n behoefte aan ekstra oefening het, ‘n bietjie rond te jaag met sy puik terughou plasings of die aanmoediging van sy tennismaat na ‘n goeie hou.

Tennis is sy lewe en hy neem gereeld aan toernooie deel. Die SA Tennis Ope Mini-toernooi te Gqeberha het gedurende die naweek van 5 – 6 Maart 2022 plaasgevind. Hierdie toernooie lok belowende spelers van alle ouderdomme, skoliere en volwassenes, met die oog daarop om punte vir die SA Tennis-ranglys te versamel.

Was Petrie daar? Natuurlik! Hy het sy talent uitgeleef en sy opponente behoorlik rondgejaag en in die proses verseker dat hy as toernooiwenner gekroon word.

Mooi so, Petrie!

Meer Nuusberigte