Twee van Hoër Volkskool se atlete het op 5 Februarie 2022 aan die HIGHGATE Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms deelgeneem.

Daar was 435 atlete van 7 provinsies wat aan die byeenkoms deelgeneem het.Hannes van der Merwe het die OP span in die seuns o.15-afdeling verteenwoordig en agste geëindig.

Marlien Crewe-Brown het die OP span in die dogters o.19-afdeling verteenwoordig en sewende geëindig.

Meer Nuusberigte