Die eerste tennisspan van Hoër Volkskool het op 14 Februarie 2022 teen die span van Hoërskool Cradock kragte gemeet. Die uitslag is beslis deur dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde.Hoër Volkskool se top spelers, Petrie van der Merwe en sy dubbelmaat, Marco Jooste, het ‘n uitstekede vertoning gelewer en hul opponente oortuigend geklop met ‘n telling van 6 – 0, 6 – 0.

Hierdie goeie vertoning is voortgesit met die Petrie van der Merwe-Inké van der Merwe paar in die gemengde dubbelspel waar hulle hul opponente met ‘n telling van 8 – 1 oorrompel het.

Die positiewe energie van die Hoër Volkskool tennisspan het hulle in staat gestel om die kragmeting 11 – 7 te wen.

Meer Nuusberigte